www.aletamichaletos.com
Wednesday, March 30, 2016
DIVINE INTERVENTION
Monday, March 7, 2016
'AWARENESS' VERSUS 'DELIBERATE LOSS OF SIGHT'
If one’s complete being
has been trained to be super- aware and super-conscious, not only of the
visible signs in the environment and surroundings, but also of the subtle invisible
signs such as mood changes and sentiment, how on earth can anyone expect you to
‘TURN A BLIND EYE’? ‘There’s none so blind than those who refuse to see.'
©ALETA MICHALETOS
www.aletamichaletos.com
Tuesday, January 5, 2016
ILLUMINATION
ILLUMINATION
There should be no dispute about whether you are 'left-brain' or 'right-brain'.
A harmonious intellect fuses them both and acquires a
'LIGHT-BRAIN'
Series:CRANIUM: 'SATORI'
Artist: ALETA MICHALETOS
Copyright reserved
2002
Available
www.aletamichaletos.com
Labels:
'light-brain',
fusion,
harmonious,
intellect,
Left-brain,
right-brain,
Satori
Sunday, November 15, 2015
THE DAY EVEN THE DOG LOST HOPE
‘THE DAY EVEN THE DOG LOST HOPE’
This painting was conceptualized at the end of 2012 during a
road trip with a lifelong friend and the master framer of my art work, Marcello Poggiolini. He took me to view the Namakwaland flowers of the West Coast, and he
also wanted to show me his newly completed home where he would soon
enter into retirement.
Tragically, during a follow-up visit exactly one month
afterwards, Marcello passed away at his new home, without
ever having enjoyed the fruits of his labour or having the opportunity to
realize his dream of a peaceful coastal retirement.
I only commenced the painting ‘THE DAY EVEN THE DOG LOST
HOPE’ a short while before I left for
London/Paris/London 28th August 2015.
Remarkably, I met a
lifelong friend and dedicated collector of my work, Lars Jensen, on Heathrow on
29th Aug. He was waiting to board his plane back to Miami and we
were able to spend 2 hours together.
I returned to South
Africa on 5th Oct. 2015 and besides other new paintings which I
immediately commenced, I also worked on 'THE DAY EVEN THE DOG LOST HOPE' and completed it on the
13th Nov. 2015. On the morning of 14th November, I heard
about the Paris terror attacks and in the evening I heard about the death of my wonderful friend, Lars Jensen, on his birthday, the 14th
November 2015.
I think this painting has a Universal appeal as there are
always individuals as well as groups of people who endure unspeakable grief and
feelings of hopelessness and desolation…. and sometimes, just knowing that you are not alone,
helps to soothe the unbearable pain…..
‘THE DAY EVEN THE DOG LOST HOPE’
'There are many ways of showing adoration, one of them is to wait.
To count the minutes until a door opens or to imagine the embrace.'
- Anabis Trejo
How often have you seen solitary humans and their dogs, just waiting...?
To count the minutes until a door opens or to imagine the embrace.'
- Anabis Trejo
How often have you seen solitary humans and their dogs, just waiting...?
Artist: ALETA MICHALETOS
Oil on board
172mm x 220mm
2015
Private collection
Private collection
©ALETA MICHALETOS 2015 All rights reserved
Tuesday, November 3, 2015
'LEFT-OVERS'
Distaste for waste
Sometimes
there are ‘triggers’ that are catalysts for new directions in my art that I
would never normally even have been capable of dreaming of!
Both my
parents where youngsters during the Great Depression and their ingrained frugal
ways, have influenced me to a great extent. Besides their example, I am also
interested in Alchemy as well as the concept of the Parcae or Spinners of Gold.
Sometimes
I am astounded at how little material I actually use to create my art. Thick
paint and expensive canvas does not always guarantee a masterpiece! The very
notion of ‘adding value to’ or transforming something ordinary into something
extra- ordinary, is really what my art-making process is all about. I simply
cannot ‘waste’.
Although
I work very sparingly with my art materials, invariably after the completion of
a painting, I am confronted with the residue of several blobs of paint on my
palette. The extended period of focus on one subject, usually drains my
‘enthusiasm reservoir’ and by this time I am totally starved to paint a “little
gem” that on the one hand, can be rapidly executed and completed and on the
other, absorb the last usable paint on my palette and extract value from it.
I
experience enormous physical and emotional release whenever I decide to indulge
myself in one of my “toys”. I usually source (from a variety of characterful
boards stored for this very purpose and which already have some sort of
‘patina’ or marking on them) and then use the “leftovers” on the palette, to
create something from the subconscious, that is very spontaneous and I needn’t
worry or think about too much. During this entire exercise, I experience a
heightened feeling of ‘flow’.
Although
these are actually re-cycled paintings (as both the board and the paint are
recycled), the ideas are intuitive and fresh.
These
2 little paintings were created entirely by using ‘left-over’ paint and
‘left-over’ board. The choice of colors have their origin in what was
available on my original palette which would/could have ended up in the waste
paper bin……
The
playful little ‘toys’ are spontaneously created using ’left-over’ paint and
then followed by the meticulous ordering of the chaos.
I
think my ‘toys’ may actually be my most serious work.
It
merely feels like I am ‘playing’ because it feels effortless and easy and also
because of all my previous experience.
Lastly,
I find the process immensely pleasurable.
I
have the nasty habit of under-valuing that which I have mastered.
‘LEFT-OVERS 1 & 2’
© Aleta Michaletos
www.aletamichaletos.com
https://www.artworkarchive.com/artwork/aleta-michaletos
‘LEFT-OVERS 1 & 2’
I
was commissioned to paint a painting of ‘dancers’, as a 21st
birthday present. I decided to use gouache on cardboard, thereby trying to
capture something of the essence of Degas’s and Lautrec's work. I enjoyed
it so much that I painted 2 versions of similar theme and then kept one.
I
found it refreshing to use these materials. I had kept this piece of cardboard
in storage for 40 years and as the color was no longer available, it was very
precious to me.
All
that now remained, was a longish, cut-off strip. I could not bear to discard
it. I could not bear to keep it for another 40 years either! Unceremoniously I
divided it in half.
Although
the small bits of pastel-colored gouache had dried out on the palette, they
only needed to be touched with a moist brush, in order to revive.
I
set to work and painted the matching pair, using the left-over paint. I added
subtle touches of aquarelle where I felt some translucence was necessary and
then completed my enjoyable act of Alchemy, with final touches of gold and a
golden border.
© Aleta Michaletos
www.aletamichaletos.com
https://www.artworkarchive.com/artwork/aleta-michaletos
Labels:
Distaste for waste,
effortless,
flow,
intuitive,
left-overs,
playful,
spontaneous,
toys,
value
Wednesday, July 29, 2015
T T CLOETE: A BITTER-SWEET STORY......
This sadly sweet story was born in 1994, and since then it persisted in unfolding naturally in Afrikaans....... I regret that this posting will most probably not be understood by many of my English-speaking friends....
Ons languitgerekte maar kortstondige verhaal, het begin kort na ek in
1994 aangewys is as die ontvanger van die Verenigde Nasies se Kuns en Filatelie
toekening. Die algehele keuse was vir die portret wat ek van Nelson Mandela
geskep het, getiteld: ‘REBIRTH’
© Aleta Michaletos
aletam@icon.co.za
www.aletamichaletos.com
Vandag, was vir my ‘n bittersoet afskeid
van ‘n geesgenoot, die alombeminde T.T. Cloete.
Alvorens
ek New York toe is om ontvangs te neem van die toekenning, in Oktober 1994, is
ek deur Annatjie Botha (Streekraad vir Kultuursake) genader om ‘n portret van
TT Cloete uit te voer as geskenk vir hom en wat ook sou dien as die voorblad
van ‘n program vir: ‘T T CLOETE IN KLANK, WOORD EN BEELD’.
TT
Cloete het die aand, ‘n onvergeetlike indruk op my gemaak. Ek het gereeld
gedroom dat ek hom graag weer eendag sou wou ontmoet en dat ons dan rustig in
staat sou wees om ‘n in diepte gesprek te kan voer.
Dus
was ek sprakeloos toe ek uit die bloute uit, verlede maand, 11 Junie, ‘n e-pos
van hom ontvang het! Na 21 jaar, meld hy toe onverwags aan, hier op my
rekenaarskerm……
Ek
deel die volledige briefwisseling wat daarna plaasgevind het. Ek was van plan
om sy uitnoding om middagete saam met hom te geniet, vir volgende week te rëel
(net voor my vertrek na Parys).
11 Junie 2015 2:24nm
BESTE ALETA
DIT IS NOU AL BAIE JARE GELEDE DAT JY DIE SKILDERY VAN MY GEMAAK HET. EK KYK NOG ALKE DAG MET WAARDERING DAARNA, MET MOOI HERINNERINGE.
EK VOLG DIE NUUS OOR JOU EN LEES JOU WEBSITE. JY IS ALTYD IN MY GEDAGTES.
EK IS NOU 91 JAAR OUD EN NOG STEEDS AKTIEF EN KREATIEF. DIE POLIO HET METTERJARE MY BENE VERSWAK MAAR EK LOOP GOED GENOEG MET MY KRUKKE EN REIS NOG BAIE ROND.
MET WAARDERING VIR JOU STEEDS KREATIEWE BESTAAN. GOEIE EN DANKBARE WENSE VIR JOU.
TT CLOETE
DIT IS NOU AL BAIE JARE GELEDE DAT JY DIE SKILDERY VAN MY GEMAAK HET. EK KYK NOG ALKE DAG MET WAARDERING DAARNA, MET MOOI HERINNERINGE.
EK VOLG DIE NUUS OOR JOU EN LEES JOU WEBSITE. JY IS ALTYD IN MY GEDAGTES.
EK IS NOU 91 JAAR OUD EN NOG STEEDS AKTIEF EN KREATIEF. DIE POLIO HET METTERJARE MY BENE VERSWAK MAAR EK LOOP GOED GENOEG MET MY KRUKKE EN REIS NOG BAIE ROND.
MET WAARDERING VIR JOU STEEDS KREATIEWE BESTAAN. GOEIE EN DANKBARE WENSE VIR JOU.
TT CLOETE
19 Junie 2015 2:38nm
Liewe Prof Cloete,
(dit klink na ‘n mengsel van formeel en informeel, maar help my
gerus maar reg)
Die onverwagse ontvangs van jou e-pos van 11 Junie, het kosbare
gevoelens en herinneringe in my losgemaak…..
Dit was destyds vir my ‘n besondere voorreg en plesier, om die
portret van jou te kon uitvoer en toe boonop daarna, uitgenooi is na die
Staatsteater, waar ek jou persoonlik kon ontmoet. Annekie Botha was nog destyds
die skakelpersoon.
Ek het ‘n bekentenis om te maak: Ek is maar al die jare nogal
‘kieskeurig’ oor die keuse van indiwidue van wie ek portrette maak, aangesien
daar noodgedwonge a.g.v. my intense fokus, ‘n magiese energie begin ontstaan,
(wetend of onwetend) tussen my en die persoon.
Ek het egter nie een oomblik geaarsel toe Annekie die versoek
aan my rig nie.
Daar was klaar 3 goeie redes:
Jou diepsinnigheid.
Jou klassieke gelaatstrekke.
Annekie se vertellings en haar respek vir jou.
Deur die jare heen, het ek egter steeds gehunker na ‘n meer
informele ontmoeting tussen ons.
Twee dinge sal my gelukkiger maak as die ontvangs vd e-pos:
Eerstens:Aangesien ek maar ‘n ‘hard-copy’ meisie is en nog altyd
van ‘regte’ briewe hou, sal dit vir my baie beteken as jy eendag tog vir my ‘n
‘regte brief’ skryf en na my posbus stuur.
Aleta Michaletos
Posbus xxxxx
Menlo Park
Pretoria
0102
Tweedens: Ek vertrou dat ons mekaar tog weer na al die jare sal
kan ontmoet.
Natuurlik is ek aangenaam verras om te hoor dat jy op verskeie
maniere (geeneen waarvan ek bewus was nie) deur die jare, my doen en late volg.
Die bekentenis ontlont ‘n energie van sy eie.
Ek is daarvan oortuig dat die skeppingsdrang- en kreatiewe
uitlewing daarvan, die Elixir van die lewe is. Dus vervaag al die ander en word
bysaak.... Dit is dus geen verrassing om te verneem dat jy nogsteeds reis en
aktief en kreatief is nie.
Nogmaals dankie vir die ‘tasbare’ kontak, ek sien daarna uit om
weer van jou te hoor.
Glimlaggend,
Aleta
28 Junie 2015 12:34 nm
liewe aleta
baie dankie vir jou vriendelike brief. ek is
dankbaar dat ek weer met jou kontak kon maak en dat jy my brief beantwoord het.
omdat ek in my later jare al meer gely het van die
nagevolge van die polio wat ek op my 19de jaar opgedoen het, is dit vir my
makliker as mense vir my kom kuier in plaas van die omgekeerde.
jy kan gerus vir my kom kuier. ek woon alleen in my
eie huis en word versorg deur 'n swart xhosavrou wat al van 1970 af deel van
die familie is. sy is 'n baie goeie kok en onthaal graag. as jy kan kom kuier,
doen dit gerus, met vooraf waarskuwing, en geniet midagete by ons.
ek is nog steeds produktief en my dae is vir my te
kort, al is ek al 91 jaar oud.
ek gaan soos jy vra 'n regte brief in my handskrif
skryf.
met vriendelike groete en liefde.
Tt
5 Julie 2015 8:22nm
Liewe ‘tt’ Theuns,
Ek voel ook innig dankbaar vir die onverwagse
korrespondensie wat tussen ons opgevlam het en nou ook die daadwerklike
moontlikheid, om ‘n besoek aan jou te kan realiseer.
My mammie was vir ‘n week lank (met ‘n
longaandoening) gehospitaliseer en het ek haar daagliks besoek. Sy is verlede
Donderdag ontslaan en versterk nou geleidelik. Sy sal in November 88
wees.
Toe ek jonk was, was my innige vriende 40-50 jaar
ouer as ek. Nou dat ek self ouer is (reeds 63) het ek onbepland, heelwat jonger
vriende ook. Tydgenote het net vir een of ander rede, nog nooit vir my gewerk
nie, maar wel geesgenote wat kan strek oor kleur, politiek, Godsdiens, geslag,
ouderdom en klas.
Ek is heel tevrede met my eie geselskap en raak al
hoe meer kieskeurig oor wie ek my tyd mee deurbring. Ek verstaan dus dat jy
dieselfde voel en as gevolg daarvan, is jou uitnodiging aan my om jou te
besoek, vir my dubbeld so kosbaar.
Jy is gelukkig en bevoorreg om die getroue Xhosa
–vrou te hê wat jou liefdevol in jou eie huis en bekende omgewing, kan versorg.
Mens skep mos jou nessie wanneer jy jonk en energiek is en wanneer al jou
gedagtes uiteindelik ryp is om te pluk en die boom swaar dra daaraan, wil jy
nie kosbare tyd verkwis deur eers weer van voor af nuwe landerye om te skoffel
nie.
‘n Woud is nog altyd vir my ‘n metafoor waarmee ek
kan identifiseer. My seun bly in Londen en hy weet as ek kom kuier moet hy my
na ‘n woud neem om te kan stap. Om in die natuur te stap, maak my sielsgelukkig
en jy weet nie dat ek nog meer skryf as wat ek skilder. (Dis net soveel
vinniger..) Ek sien in die onbenulligste dinge, groot lewenswaarhede raak, en
skryf dit dan naarstiglik neer wanneer ek weer by papier en pen uitkom. So ‘n
onverwagse geskenk laat my altyd skatryk en bevoorreg voel. As ek dit egter nie
betyds kon neerskryf nie, is dit ‘n geweldige verlies en treur ek oor dit wat
verlore is en verdamp het….. maar jy weet seker presies waarvan ek praat….
Ek weet nie of ek werklik mense bejammer wat
hulself nie besig kan hou nie en of ek dalk net effens ongeduldig en dalk ook
‘jaloers’ is, op al hul verkwiste tyd….
Ek is baie verdraagsaam maar minder só, wanneer
mense eensydig ge-‘entertain’ wil word. Mens voel mos maar altyd daarna moeg en
gedreineer.
Die heerlikste ontmoetings is wanneer daar
belangstelling en leergierigheid teenwoordig is. Vrae wat aan mens gestel word,
(soms selfs onskuldig) kan mens tot diep insigte oor jou eie werk bring en
omdat ‘n antwoord altyd verwag word op ‘n onverwagse vraag, moet mens dit
behoorlik formuleer en in ‘n sinvolle antwoord verpak. Jy beantwoord vir
jouself ‘n vraag, wat jy nie voorheen kon formuleer nie.
Soms wens jy tydens en daarna, dat jy jou organiese
en vloeiende gesprek op band vasgelê het. Van ‘n mens se diepsinnigste
gedagtes, verdamp soms in ‘n vakuum van verlange.
Sedert 2000 was ek was al 3 maal bevoorreg om in
die Cité Internationale des Paris, te kan bly. Daar woon ek dan, aangrensend
aan die Seine en by Pont Marie, in ‘n klein studio in die hart van Parys, waar
ek omring is met kreatiewes van oor die hele wereld. Musikante, skilders,
skrywers, digters, filmmakers, kan daar na hartelus skep en die wat wil, kan
saam werk aan ‘n konsep of projek. Ek voel slegs daar werklik kunstenaar. Daar
word ek nie gekwalifiseer as ‘n man se vrou, ‘n moeder, ‘n ouma, ‘n dogter,
suster, tannie of iets behalwe ‘n mens en ‘n kreatiewe wese nie, ek is ‘n
kunstenaar….. daar is my tyd my eie en werk ek soms deur die nag om klaar te
maak wat ek begin het… Hier word alles net begin, maar selde voltooi….
Aanvanklik sou ek 2 maande gaan maar dit is vir my
ook ‘n geweldige ontbering om so lank weg te wees. Mens voel of jy ‘n
naelstring geknip het met jou terugkoms. My kompromie is nou 1 maand. Maar ek
wéét, dat wanneer ek eers daar is, gaan ek weer nie wil terugkeer nie.
Nes jy, glo ek aan die balans van uiteenlopendes.
Jou woorde "Gestremdheid het my vleuels gegee” is die taal wat ek verstaan
en praat en wat die kern in my kunsskepping is.
Ek vertrek XX Augustus na
Londen (na my seun) en moet dan eers X Sept. in Parys wees. Daar bly ek dan to XX Sept. en gaan weer terug Londen toe. X Oktober vlieg ek terug na SA.
Daar is baie om te doen voor ek vertrek, maar ek
gaan my uiterste bes probeer om voor my vertrek, eers vir jou te kom kuier. Dit
gaan my siel voed….
Baie dankie ook dat jy gewillig is om ‘n brief in
jou handskrif, vir my te skryf….
Liefdegroete,
Aleta
29 Julie 2015
En vandag…… die hartseernuus……. Ek wou volgende
week sy uitnodiging om middagete by hom te geniet, nakom.
Of die beloofde brief geskryf is en of dit reeds
gepos is, weet ek nie…..
Maar vanmiddag het ek naarstiglik in ‘n kas, tussen
al my kosbare herinneringe wat o.a. uit uitknipsels, dokumente, briewe en
getekende programme gesoek. Daar kom ek toe af op ‘n getekende program van die
aand. Maar wat ek totaal van vergeet het en sekerlik die kosbaarste van alles,
was die ontdekking van ‘n handgeskrewe brief (tesame met ‘n getikte kopié) wat
hy 25 September 1994 aan my gestuur het!
Ek dank onse Hemelse Vader, dat ons toe nog op
posaflewering kon staat maak…….sodat ek nou tussendeur my oneindige hartseer en gevoel van verlies, nogsteeds dankbaar kan wees.....
© Aleta Michaletos
aletam@icon.co.za
www.aletamichaletos.com
Subscribe to:
Posts (Atom)













