Sunday, November 15, 2015

THE DAY EVEN THE DOG LOST HOPE



 ‘THE DAY EVEN THE DOG LOST HOPE’
This painting was conceptualized at the end of 2012 during a road trip with a lifelong friend and the master framer of my art work, Marcello Poggiolini. He took me to view the Namakwaland flowers of the West Coast, and he also wanted to show me his newly completed home where he would soon enter into retirement.  

Tragically, during a follow-up visit exactly one month afterwards, Marcello passed away at his new home, without ever having enjoyed the fruits of his labour or having the opportunity to realize his dream of a peaceful coastal retirement.
I only commenced the painting ‘THE DAY EVEN THE DOG LOST HOPE’ a short while before I left for London/Paris/London 28th August 2015.
Remarkably, I met a lifelong friend and dedicated collector of my work, Lars Jensen, on Heathrow on 29th Aug. He was waiting to board his plane back to Miami and we were able to spend 2 hours together.
 I returned to South Africa on 5th Oct. 2015 and besides other new paintings which I immediately commenced, I also worked on 'THE DAY EVEN THE DOG LOST HOPE' and completed it on the 13th Nov. 2015. On the morning of 14th November, I heard about the Paris terror attacks and in the evening I heard about the death of my wonderful friend, Lars Jensen, on his birthday, the 14th November 2015.
I think this painting has a Universal appeal as there are always individuals as well as groups of people who endure unspeakable grief and feelings of hopelessness and desolation….  and sometimes, just knowing that you are not alone, helps to soothe the unbearable pain…..
 
 ‘THE DAY EVEN THE DOG LOST HOPE’

'There are many ways of showing adoration, one of them is to wait.
To count the minutes until a door opens or to imagine the embrace.'
- Anabis Trejo

How often have you seen solitary humans and their dogs, just waiting...?

Artist: ALETA MICHALETOS
Oil on board
172mm x 220mm
2015
Private collection
©ALETA MICHALETOS 2015 All rights reserved

Tuesday, November 3, 2015

'LEFT-OVERS'


Distaste for waste

Sometimes there are ‘triggers’ that are catalysts for new directions in my art that I would never normally even have been capable of dreaming of!

Both my parents where youngsters during the Great Depression and their ingrained frugal ways, have influenced me to a great extent. Besides their example, I am also interested in Alchemy as well as the concept of the Parcae or Spinners of Gold.
Sometimes I am astounded at how little material I actually use to create my art. Thick paint and expensive canvas does not always guarantee a masterpiece! The very notion of ‘adding value to’ or transforming something ordinary into something extra- ordinary, is really what my art-making process is all about. I simply cannot ‘waste’.

Although I work very sparingly with my art materials, invariably after the completion of a painting, I am confronted with the residue of several blobs of paint on my palette. The extended period of focus on one subject, usually drains my ‘enthusiasm reservoir’ and by this time I am totally starved to paint a “little gem” that on the one hand, can be rapidly executed and completed and on the other, absorb the last usable paint on my palette and extract value from it.

I experience enormous physical and emotional release whenever I decide to indulge myself in one of my “toys”. I usually source (from a variety of characterful boards stored for this very purpose and which already have some sort of ‘patina’ or marking on them) and then use the “leftovers” on the palette, to create something from the subconscious, that is very spontaneous and I needn’t worry or think about too much. During this entire exercise, I experience a heightened feeling of ‘flow’.

Although these are actually re-cycled paintings (as both the board and the paint are recycled), the ideas are intuitive and fresh.

These 2 little paintings were created entirely by using ‘left-over’ paint and ‘left-over’ board. The choice of colors have their origin in what was available on my original palette which would/could have ended up in the waste paper bin……

The playful little ‘toys’ are spontaneously created using ’left-over’ paint and then followed by the meticulous ordering of the chaos.

I think my ‘toys’ may actually be my most serious work.

It merely feels like I am ‘playing’ because it feels effortless and easy and also because of all my previous experience.
Lastly, I find the process immensely pleasurable. 

I have the nasty habit of under-valuing that which I have mastered.


‘LEFT-OVERS 1 & 2’
I was commissioned to paint a painting of ‘dancers’, as a 21st birthday present. I decided to use gouache on cardboard, thereby trying to capture something of the essence of Degas’s and Lautrec's work.  I enjoyed it so much that I painted 2 versions of similar theme and then kept one.

I found it refreshing to use these materials. I had kept this piece of cardboard in storage for 40 years and as the color was no longer available, it was very precious to me.

All that now remained, was a longish, cut-off strip. I could not bear to discard it. I could not bear to keep it for another 40 years either! Unceremoniously I divided it in half.

Although the small bits of pastel-colored gouache had dried out on the palette, they only needed to be touched with a moist brush, in order to revive.

I set to work and painted the matching pair, using the left-over paint. I added subtle touches of aquarelle where I felt some translucence was necessary and then completed my enjoyable act of Alchemy, with final touches of gold and a golden border. 


© Aleta Michaletos
www.aletamichaletos.com 
https://www.artworkarchive.com/artwork/aleta-michaletos

Wednesday, July 29, 2015

T T CLOETE: A BITTER-SWEET STORY......

This sadly sweet story was born in 1994, and since then it persisted in unfolding naturally in Afrikaans....... I regret that this posting will most probably not be understood by many of my English-speaking friends....



Vandag, was vir my ‘n bittersoet afskeid van ‘n geesgenoot, die alombeminde T.T. Cloete.

Ons languitgerekte maar kortstondige verhaal, het begin kort na ek in 1994 aangewys is as die ontvanger van die Verenigde Nasies se Kuns en Filatelie toekening. Die algehele keuse was vir die portret wat ek van Nelson Mandela geskep het, getiteld: ‘REBIRTH’


Alvorens ek New York toe is om ontvangs te neem van die toekenning, in Oktober 1994, is ek deur Annatjie Botha (Streekraad vir Kultuursake) genader om ‘n portret van TT Cloete uit te voer as geskenk vir hom en wat ook sou dien as die voorblad van ‘n program vir: ‘T T CLOETE IN KLANK, WOORD EN BEELD’.
Dit is uitgevoer is in die Studio, Staatsteater, Pretoria, Donderdag 22 September 1994.

TT Cloete het die aand, ‘n onvergeetlike indruk op my gemaak. Ek het gereeld gedroom dat ek hom graag weer eendag sou wou ontmoet en dat ons dan rustig in staat sou wees om ‘n in diepte gesprek te kan voer.
Dit het egter bloot ‘n versugting gebly…….



Dus was ek sprakeloos toe ek uit die bloute uit, verlede maand, 11 Junie, ‘n e-pos van hom ontvang het! Na 21 jaar, meld hy toe onverwags aan, hier op my rekenaarskerm……

Ek deel die volledige briefwisseling wat daarna plaasgevind het. Ek was van plan om sy uitnoding om middagete saam met hom te geniet, vir volgende week te rëel (net voor my vertrek na Parys).


11 Junie 2015   2:24nm

BESTE ALETA

DIT IS NOU AL BAIE JARE GELEDE DAT JY DIE SKILDERY VAN MY GEMAAK HET. EK KYK NOG ALKE DAG MET WAARDERING DAARNA, MET MOOI HERINNERINGE.

EK VOLG DIE NUUS OOR JOU EN LEES JOU WEBSITE. JY IS ALTYD IN MY GEDAGTES.

EK IS NOU 91 JAAR OUD EN NOG STEEDS AKTIEF EN KREATIEF. DIE POLIO HET METTERJARE MY BENE VERSWAK MAAR EK LOOP GOED GENOEG MET MY KRUKKE EN REIS NOG BAIE ROND.

MET WAARDERING VIR JOU STEEDS KREATIEWE BESTAAN. GOEIE EN DANKBARE WENSE VIR JOU.

TT CLOETE

  
19 Junie 2015  2:38nm

Liewe Prof Cloete,

(dit klink na ‘n mengsel van formeel en informeel, maar help my gerus maar reg)

Die onverwagse ontvangs van jou e-pos van 11 Junie, het kosbare gevoelens en herinneringe in my losgemaak…..

Dit was destyds vir my ‘n besondere voorreg en plesier, om die portret van jou te kon uitvoer en toe boonop daarna, uitgenooi is na die Staatsteater, waar ek jou persoonlik kon ontmoet. Annekie Botha was nog destyds die skakelpersoon.

Ek het ‘n bekentenis om te maak: Ek is maar al die jare nogal ‘kieskeurig’ oor die keuse van indiwidue van wie ek portrette maak, aangesien daar noodgedwonge a.g.v. my intense fokus, ‘n magiese energie begin ontstaan, (wetend of onwetend) tussen my en die persoon.

Ek het egter nie een oomblik geaarsel toe Annekie die versoek aan my rig nie.

Daar was klaar 3 goeie redes:

Jou diepsinnigheid.
Jou klassieke gelaatstrekke.
Annekie se vertellings en haar respek vir jou.

Deur die jare heen, het ek egter steeds gehunker na ‘n meer informele ontmoeting tussen ons.

Twee dinge sal my gelukkiger maak as die ontvangs vd e-pos:

Eerstens:Aangesien ek maar ‘n ‘hard-copy’ meisie is en nog altyd van ‘regte’ briewe hou, sal dit vir my baie beteken as jy eendag tog vir my ‘n ‘regte brief’ skryf en na my posbus stuur.

Aleta Michaletos
Posbus xxxxx
Menlo Park
Pretoria
0102

Tweedens: Ek vertrou dat ons mekaar tog weer na al die jare sal kan ontmoet.

Natuurlik is ek aangenaam verras om te hoor dat jy op verskeie maniere (geeneen waarvan ek bewus was nie) deur die jare, my doen en late volg. Die bekentenis ontlont ‘n energie van sy eie.

Ek is daarvan oortuig dat die skeppingsdrang- en kreatiewe uitlewing daarvan, die Elixir van die lewe is. Dus vervaag al die ander en word bysaak.... Dit is dus geen verrassing om te verneem dat jy nogsteeds reis en aktief en kreatief is nie.

Nogmaals dankie vir die ‘tasbare’ kontak, ek sien daarna uit om weer van jou te hoor.

Glimlaggend,

Aleta


28 Junie 2015 12:34 nm

liewe aleta
baie dankie vir jou vriendelike brief. ek is dankbaar dat ek weer met jou kontak kon maak en dat jy my brief beantwoord het.

omdat ek in my later jare al meer gely het van die nagevolge van die polio wat ek op my 19de jaar opgedoen het, is dit vir my makliker as mense vir my kom kuier in plaas van die omgekeerde.

jy kan gerus vir my kom kuier. ek woon alleen in my eie huis en word versorg deur 'n swart xhosavrou wat al van 1970 af deel van die familie is. sy is 'n baie goeie kok en onthaal graag. as jy kan kom kuier, doen dit gerus, met vooraf waarskuwing, en geniet midagete by ons.

ek is nog steeds produktief en my dae is vir my te kort, al is ek al 91 jaar oud.

ek gaan soos jy vra 'n regte brief in my handskrif skryf.

met vriendelike groete en liefde.

Tt

5 Julie 2015 8:22nm

Liewe ‘tt’ Theuns,

Ek voel ook innig dankbaar vir die onverwagse korrespondensie wat tussen ons opgevlam het en nou ook die daadwerklike moontlikheid, om ‘n besoek aan jou te kan realiseer.

My mammie was vir ‘n week lank (met ‘n longaandoening) gehospitaliseer en het ek haar daagliks besoek. Sy is verlede Donderdag ontslaan en versterk nou geleidelik. Sy sal in November 88 wees. 

Toe ek jonk was, was my innige vriende 40-50 jaar ouer as ek. Nou dat ek self ouer is (reeds 63) het ek onbepland, heelwat jonger vriende ook. Tydgenote het net vir een of ander rede, nog nooit vir my gewerk nie, maar wel geesgenote wat kan strek oor kleur, politiek, Godsdiens, geslag, ouderdom en klas. 
Ek is heel tevrede met my eie geselskap en raak al hoe meer kieskeurig oor wie ek my tyd mee deurbring. Ek verstaan dus dat jy dieselfde voel en as gevolg daarvan, is jou uitnodiging aan my om jou te besoek, vir my dubbeld so kosbaar.

Jy is gelukkig en bevoorreg om die getroue Xhosa –vrou te hê wat jou liefdevol in jou eie huis en bekende omgewing, kan versorg. Mens skep mos jou nessie wanneer jy jonk en  energiek is en wanneer al jou gedagtes uiteindelik ryp is om te pluk en die boom swaar dra daaraan, wil jy nie kosbare tyd verkwis deur eers weer van voor af nuwe landerye om te skoffel nie.
‘n Woud is nog altyd vir my ‘n metafoor waarmee ek kan identifiseer. My seun bly in Londen en hy weet as ek kom kuier moet hy my na ‘n woud neem om te kan stap. Om in die natuur te stap, maak my sielsgelukkig en jy weet nie dat ek nog meer skryf as wat ek skilder. (Dis net soveel vinniger..) Ek sien in die onbenulligste dinge, groot lewenswaarhede raak, en skryf dit dan naarstiglik neer wanneer ek weer by papier en pen uitkom. So ‘n onverwagse geskenk laat my altyd skatryk en bevoorreg voel. As ek dit egter nie betyds kon neerskryf nie, is dit ‘n geweldige verlies en treur ek oor dit wat verlore is en verdamp het….. maar jy weet seker presies waarvan ek praat….

Ek weet nie of ek werklik mense bejammer wat hulself nie besig kan hou nie en of ek dalk net effens ongeduldig en dalk ook ‘jaloers’ is, op al hul verkwiste tyd….
Ek is baie verdraagsaam maar minder só, wanneer mense eensydig ge-‘entertain’ wil word. Mens voel mos maar altyd daarna moeg en gedreineer.
Die heerlikste ontmoetings is wanneer daar belangstelling en leergierigheid teenwoordig is. Vrae wat aan mens gestel word, (soms selfs onskuldig) kan mens tot diep insigte oor jou eie werk bring en omdat ‘n antwoord altyd verwag word op ‘n onverwagse vraag, moet mens dit behoorlik formuleer en in ‘n sinvolle antwoord verpak.  Jy beantwoord vir jouself ‘n vraag, wat jy nie voorheen kon formuleer nie.
Soms wens jy tydens en daarna, dat jy jou organiese en vloeiende gesprek op band vasgelê het. Van ‘n mens se diepsinnigste gedagtes, verdamp soms in ‘n vakuum van verlange.

Sedert 2000 was ek was al 3 maal bevoorreg om in die Cité Internationale des Paris, te kan bly. Daar woon ek dan, aangrensend aan die Seine en by Pont Marie, in ‘n klein studio in die hart van Parys, waar ek omring is met kreatiewes van oor die hele wereld. Musikante, skilders, skrywers, digters, filmmakers, kan daar na hartelus skep en die wat wil, kan saam werk aan ‘n konsep of projek. Ek voel slegs daar werklik kunstenaar. Daar word ek nie gekwalifiseer as ‘n man se vrou, ‘n moeder, ‘n ouma, ‘n dogter, suster, tannie of iets behalwe ‘n mens en ‘n kreatiewe wese nie, ek is ‘n kunstenaar….. daar is my tyd my eie en werk ek soms deur die nag om klaar te maak wat ek begin het… Hier word alles net begin, maar selde voltooi….
Aanvanklik sou ek 2 maande gaan maar dit is vir my ook ‘n geweldige ontbering om so lank weg te wees. Mens voel of jy ‘n naelstring geknip het met jou terugkoms. My kompromie is nou 1 maand. Maar ek wéét, dat wanneer ek eers daar is, gaan ek weer nie wil terugkeer nie.

Nes jy, glo ek aan die balans van uiteenlopendes. Jou woorde "Gestremdheid het my vleuels gegee” is die taal wat ek verstaan en praat en wat die kern in my kunsskepping is.

Ek vertrek XX Augustus na Londen (na my seun) en moet dan eers  X Sept. in Parys wees. Daar bly ek dan to XX Sept. en gaan weer terug Londen toe. X Oktober vlieg ek terug na SA. 
Daar is baie om te doen voor ek vertrek, maar ek gaan my uiterste bes probeer om voor my vertrek, eers vir jou te kom kuier. Dit gaan my siel voed….

Baie dankie ook dat jy gewillig is om ‘n brief in jou handskrif, vir my te skryf….

Liefdegroete,

Aleta


29 Julie 2015

En vandag…… die hartseernuus……. Ek wou volgende week sy uitnodiging om middagete by hom te geniet, nakom.

Of die beloofde brief geskryf is en of dit reeds gepos is, weet ek nie…..

Maar vanmiddag het ek naarstiglik in ‘n kas, tussen al my kosbare herinneringe wat o.a. uit uitknipsels, dokumente, briewe en getekende programme gesoek. Daar kom ek toe af op ‘n getekende program van die aand. Maar wat ek totaal van vergeet het en sekerlik die kosbaarste van alles, was die ontdekking van ‘n handgeskrewe brief (tesame met ‘n getikte kopié) wat hy 25 September 1994 aan my gestuur het!
Ek dank onse Hemelse Vader, dat ons toe nog op posaflewering kon staat maak…….sodat ek nou tussendeur my oneindige hartseer en gevoel van verlies, nogsteeds dankbaar kan wees.....



 
© Aleta Michaletos
aletam@icon.co.za 
www.aletamichaletos.com